TOESPRAAK VAN PREMIER

Die proses van heropbouing en ontwikkeling van ons land en die transformasie na verenigde, demokratiese, nie-rasistiese, nie seksistiese en voorspoedige gemeenskap, en die verwerkliking van die doelstelling vir 'n beter lewe vir almal, is op koers.

Daar is nie omdraaikans nie. Dit sou nie vir ons moontlik gewees het om daardie tree te gee as dit nie was vir diegene wat vir dekades deur woord en daad onwrigbaar geveg het vir die totale bevryding van mense uit die tiraniese beleid van apartheids kolonialisme.

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om hulde te bring aan daardie leiers, aktiviste en ons mense - diegene wat vandag steeds lewe sowel as afgestorwenes.

In die besonder gaan my saluut aan ons vorige President, Mnr Nelson Mandela en President Thabo Mbeki wat ons jong demokratiese stelsel deur 'n baie moeilike tyd gelei het.

En aan my voorganger in Mpumalanga, Mathews Phosa, sy uitvoerenderaad en ander kollegas in die Wetgewer. Hulle het 'n goeie grondslag gelê vir die verwerkliking van die behoefte vir sosiale vordering, demokrasie en ontwikkeling en geregtigheid vir almal.

Dit is die verbintenis van ons regering om maniere te vind om lof te betuig aan almal wat bygedra het tot die ontwikkeling van ons gemeenskap in die algemeen en die provinsie in besonder.

My kantoor sal riglyne uitwerk vir oorweging deur alle departemente om aktiwiteite te inisieer wat daarop gerig is om aan hulle erkenning en eer te betoon. Dit, vertrou ek sal ons eie manier wees om te sê: Dankie in die kleine aan ons helde en heldinne.

BEHUISING

Verlede jaar het ons vir onsself 'n doelwit gestel om 17 000 huiseenhede te voorsien. Sesduisend nuwe huise is gebou en oorhandig aan die begunstigdes. 7 000 huise se eienaarskap het gerealiseer deur die afslag voordeelstelsel.

Meer as 1 400 huise is onder konstruksie en 2597 is in die proses om goedgekeur te word deur die Provinsiale BehuisingsRaad. Een van die persone wat 'n huis ontvang het is Mnr Sipho Nkosi. Hy was op die waglys vir 34 jaar en was 'n agterplaas bewoner in Amsterdam. Nou het hy 'n huis vir sy familie en sekuriteit van eiendomsreg.

GESONDHEID

Vyf jaar gelede het ons R202,25 per kind spandeer vir gesondheidssorg. Vandag is R324 spandeer op klein Elize Maree en ander kinders - swart en wit. Op basiese gesondheidssorg sal ons hierdie jaar R282 per kind spandeer vergeleke met R196 vier jaar gelede.

Uitgawes op voedingsprogramme het gestyg van R11m tot R37,8m wat 461 420 bevoordeel het. Meer swanger vroue het nou toegang tot moedersorg. Verskeie klinieke sal hierdie jaar voltooi word bv. Lefiso, Kabokweni Moretele en Verena.

Daar sal binnekort begin word met klinieke in Seabe- en Moloto. Tans vind opgradering plaas by hospitale in Witbank, Shongwe en Piet Retief en 'n nuwe Gesondheidsentrum word gebou by Daggakraal.

Daar is nou nuwe kraamafdelings by Philedelhia en Tongahospitale.

PAAIE

Meer as 60 kilometer se paaie is oorgeteer. Werksaamhede op die Waverley-, Dundonald- en Siyabusha-Matshidingpad is ook ver gevorderd. Die Maloto-, Ebuhleni-Elukwatini- Amersfort-Daggakraal- Loding-Nokaneng- en Driefontien-Piet Retiefpad is feitlik voltooi.

ONDERWYS

Mnr die Speaker, een van die groot uitdagings in die onderwyssektor was die herstel van vertroue by die publiek in die betroubaarheid van ons matriekuitslae. Ek kan met vertroue sê dat hierdie doelstelling suksesvol bereik is. Op hierdie stadium wil ek alle rolspelers bedank wat bygedra het tot hierdie sukses.

Dit sluit lede van n forum bestaande uit onderwysunies en organisasies, studentestigtings, ouers, werknemers van die Departement, lede van die eksamenraad en minister Craig Padayachee. 'n Bedrag van R47,4 miljoen is begroot vir projekte om agterstande tov infrasturktuur in die onderwys te verminder.

Ons sal in staat wees om 17 nuwe skole, 244 nuwe klaskamers, 10 nuwe gespesialiseerde vertrekke, 13 nuwe administratiewe blokke, 910 nuwe kleedkamers te voltooi en 10 skole op te gradeer in hierdie finansiële jaar.

Tot op datum is 2 nuwe skole, 228 nuwe klaskamers, 8 nuwe administratiewe blokke voltooi en 8 skole opgegradeer.

MAATSKAPLIKE DIENSTE

Meneer die Speaker, 1 898 592 skenkings is uitbetaal tov maakskaplike dienste. Dit sluit in ondersteuning tov kinders en skenkings vir pleegsorg. 136 687 nuwe begunstigdes is geregistreer. Dit is meer as 75 persent van die doelwit. Dienste is uitgebrei na die agtergeblewe areas soos plase met die arm beursies as doelwit.

Dienste is ook aangewend in gebiede wat vroeër bereik is, maar min sukses behaal is. Die teiken van projekte om armoede te verlig is behoeftige beursies en arm huishoudings binne gemeenskappe.

'n Totaal van 155 armoede verligtings projekte was gefinansier.

ONTSPANNING

Ontspanningsaktiwiteite van ons mense is vir ons 'n baie belangrike komponent van sosio-ekonomiese regte. Ons het die ontwikkeling van Kuns- en Kultuursentrums in ons provinsie bevorder. Soos belowe, het ons ie KaNyamazane Stadium opgegradeer.

R4,5 miljoen is spandeer vir die oprigting van 'n binnenshuise Sportsentrum in Sabie asook R2miljoen vir 'n Kuns en Kultuursentrum te Matsulu. Mnr die Speaker, ons het ook meer as R1miljoen spandeer aan Plaaslike Oorgangsrade en sportliggame in die provinsie sodat hulle in die posisie kan wees om sport in hul omgewings te bevorder.

Ons sal meer as R2miljoen benodig hierdie jaar om die die stadium te Leandra, Carolina, Mbuzini, Driekoppies en Moutse te voltooi of op te gradeer.

R25 000 is benodig vir die opknapping van die biblioteek te Amersfoort.

EKONOMIE

As 'n provinsiale regering plaas ons 'n hoë prioriteit op ekonomiese ontwikkeling Ons industriële groepering (CLUSTER) strategie is om vrugte te kweek soos wat die Wolgroep in Ermelo van stapel gestuur is en so befondsing vir die opleiding van 24 persone verseker het vir spin en weef van wol.

Fondse is ook gewaarborg vir 'n aantal ander groeperings (CLUSTERS) in die provinsie. Ons bevordering van beleggings vorder goed en n aantal projekte is alreeds geloots in die Provinsie.

Tussen Desember 1999 en Januarie 2000 het ons handelsendings na Sjina, Saoedi Arabia en Indie gestuur en groot sukses is daar behaal. Ons beoog om die Europiese lande te oogmerk en verskeie lande te besoek met die oog op moontlike buitelandse direkte beleggings.

n Toegewyde eenheid vir die bevordering van die Maputo Ontwikkelings Korridor is gestig bestaande uit senior amptenare gesekondeer van verskeie departemente.

Die versterking van bande tussen ons Provinsie en die Provinsie van Mozambiek is van kardinale belang en ek sal binnekort n afvaardiging bestaande uit besigsighede en die regering na Maputo Provinsie lei. Ons beoog om fondse te bekom vir:

Nkomazi Uitbreiding Loods Projek en die Spoon 7B besproeings projek Sibange Groente Projek, die Provinsiale Trekker Aankope Projek vir die vervoer van produkte en die Mlondozi Kalking Projek.

VEILIGHEID

Ons is bewus daarvan dat die mense van die provinsie nie veilig sal wees terwyl kriminele hulle gatte swaai terwyl hulle steel en mense aanrand. Kinders en vrouens kan nie werklik n normale lewe lei terwyl die boewe net loop en verkrag en vermoor.

In ons strewe na die beperking van misdaad het ons alreeds verskeie veldtogte bedryf: Met Operasie Monozite het ons alreeds meer as 12 000, misdadigers vasgetrap onder andere meer as 1000, moord en roof verdagtes.

Ons was suksesvol om meer as 400 wapens insluitende klein wapens en aanslag vuurwapens te konfiskeer.

Ons het verskeie veldtogte op die been gebring wat kriminele, wie gedink het hulle is verhewe bo die kriminele justisie stelsel , vas te trek. Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir hulle bydraes van voertuie om die gemeenskapsforums behulpsaam te wees met die bestryding van misdaad.

VERKIESINGS

Ons sal binnekort plaaslike verkiesings hou. Graag wil ek alle raadslede versoek om gedisiplineerd op te tree wanneer hulle deur hulle verskillende partye herontplooi word , indien nodig.

Die Wet op Munisipale Strukture bepaal dat plaaslike regerings ge-integreer moet word. Dit beteken dat sekere munisipale rade saam sal smelt en dat getalle raadslede verminder sal word.

Hierdie proses is n rationaliseerings proses , herontplooing van hulpbronne, verbeterde diens lewering, beter bekwaamheid en verlaagde administratiewe koste.

Dit sal ook help met die uitbreiding van die belastings basis van munisipaliteite. Ons het ook die tradisionele leiers geraadpleeg op die aangeleenthede rondom plaaslike regerings.

PLAASLIKE REGERING

Ons sal voortbou op die versterking van plaaslike regering strukture. Van ons mense weier om te betaal vir gelewerde dienste en dit vermoeilik die bestuur van verskeie gebiede in die provinsie.

Ons is in die proses om al die lisensie afdelings in die Provinsie te fynkam vir onreelmatigde. As jy korrup is, gaan ons jou vastrek en ek belowe dat enige verkeers amptenare wat betrokke is by enige sulke aktiwiteite sal tronk toe gaan. Insluitende hulle makkers.

Die Provinsiale Tesorier stel tans streng monitering van maandelike kontant vloei projeksies in om sodoende oorbesteeding te bekamp. Streng besnoeing maatreels word ingestel om oorbesteding to bekamp.

TENDER

n Adjunk Direkteur is aangestel om te verseker dat die tender prosedures streng nagekom word om sodoende te verseker dat geen orrupsie plaasvind nie Ons gaan streng optree teen mense wat omkopery gebruik om tenders te wil bekom.

Ons sal ook streng optree teen amptenare wat hulle self blootstel aan sulke praktyke. Ons is gestel op goeie regerings praktyke wat die begingsels van verantwoording, deursigtigheid en streng bekamping van korrupsie.

Maar goeie regerings praktyke sluit ook kapasiteit en politiese gesteltheid om wanpraktyke uit te roei in die Provinsiale Regering. Ons is gebind tot verantwoording tot die publiek as die kern van ons regerings etik.

UITREIKING

Ons is trots op die sukses van ons “UITREIKINGS PROGRAM” Ons bly dus in kontak met die mense wat ons bedien. Ons sal aanhoudelik terugvoering gee aan gemeenskappe oor ons vordering.

ONS BELOFTE

In vennootskap met besighede, lede van die opposie en andere, wil ons die uitdaging van ons ouer lede van die gemeenskap se welvaart aanpak. Ons wil gehalte, bekostigbare gesondheids sorg vir almal bevorder.

Ons moet verseker dat al ons kinders die sleutel van ordentlike opvoediging vir die toekoms bekom. Ons moet verseker dat ons optimaal opgeleide onderwysers in alle klaskamers van elke skool plaas .

Tersiere opleidings geleenthede moet daar geplaas word en toegangbaar wees vir ons kinders. Al die rolspelers in ons sameleweing moet verantwoordelikheid aanvaar vir die opleiding van ons kinders.

In die lig van bogenoemde het ons die pad ookgemaak om die hoer standaarde daar te stel en te handhaaf en te verseker dat ons onderwysers toegrus is om hulle rol te vervul.

Ons moet almal as gemeenskap, en as trotse Suid Afrikaners verseker dat n positiewe omgewing geskep is vir onderig en die leer proses. KOM ONS HOU ONS KINDERS IN DIE KLAS

Ons is bevoorreg en gelukkig om in hierdie tye te lewe. Mnr die Speaker, die geintegreerde en voortgesette plaaslike ontwikkelings program moet beslis hierdie jaar geloots word.

HIV/VIGS

In samewerking met alle sektore van ons samelewing beskou ons HIV/VIGS as een van ons hoogste prioriteite in hierdie provinsie. Ons sal voortduur om die erns van die epedemie te versprei.

Hierdie epedemie is nie alleenlik n gesondheids aangeleentheid nie, maar het n direkte impak op ons ekonomie. ONS DURF DIT NIE IGNOREER NIE.

UITDAGINGS

Die uitdaging vir ons geslag is om ons demokrasie te konsolideer, n nie-rassistiese en nie seksistiese samelewing daar te stel en die aanmoediging van die gees van versoening , nasie bou en n nuwe patriotisme.

Ons het n verbintenis tot die verwydering van alle oorblyfsels van “apartheid”, insluitend die verwydering van alle vorms van diskriminasie gebaseer op ras, kleur,en enige ander vorm van diskriminasie.

Ons moet gesamentlik strewe na eenheid in n gemeenskaplike agenda, om die uitdagings aan te durf. Ons moet ons almal daartoe verbind tot die verwydering van alle vorms van diskriminasie en vernederende praktyke.

Die moet geskied op die werksvloer, ons opvoedings instansies, plase, plaaslike en stedelike gebiede. Dit bedoel ook ons moet die offensief teen misdaad teen korrupsie versterk en al ons instansies verseker dat ons verbind is tot die verwydering van verkragting, skending, moord, roof , aanranding, skending van eiendom en mense regte oor die algemeen.

ANTI-KORRUPSIE

Ons moet ons offensief verskerp op die persone wat hulle magsposisie misbruik vir self verryking ten koste van die arme massas van ons provinsie. Ons moet die impak van korrupsie op ons ekonomie noukeurig dophou en monitor.

Nieteenstaande moet ons die instandhouding van ons omgewing en natuurlike hulpbronne verdedig. Ons moet die besoedeling van ons riviere en ons lug ruimte verseker vir die toekoms.

Skoon drinkwater moet aan almal beskikbaar wees. Ten slotte, enige nasie sal net suksesvol wees met transformasie as daar sterk regerings praktyk in plek is. Ek wil graag al die staats amptenare in die provinsie bedank vir hulle lojaliteit teenoor hierdie regering, in soms baie moeilike tye.

Ons provinsie en ons land is baie trots op julle en julle kinders en hulle kinders sal verewig dankbaar wees teenoor u. Ons begin almal nou ons moue oprol en begin om die probleme wat ons land tans instaar, uit die weg te ruim.

Ek vra dat u almal ons help in hierdie taak wat ons in die gesig staar. Kom dat Mpumalanga begin werk. Ek belowe dat ek tot die beste van my vermoe waardig sal optree in die lig van die vertroue wat u in my gestel het as hoof van die Provinsie wat ek lei. Kom ons bou n nasie saam en werk saam vir n beter lewe vir almal in Suid Afrika.

Dankie.

^ Back to Top